Anemie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Bloedarmoede)
Anemie
Klassifikasie en eksterne bronne
Bloed van 'n persoon met anemie
Bloed van 'n persoon met anemie
ICD-10 D50-D64
ICD-9 280-285
DiseasesDB 663
MedlinePlus   000560
eMedicine med/132emerg/808 emerg/734
MeSH D000740
Mediese waarskuwing

Anemie, ook bekend as bloedarmoede, is 'n siektetoestand wat voor kom wanneer die aantal eritrosiete (rooibloedselle) en/of die hoeveelheid hemoglobien in die bloed verlaag.

Omdat die bloed nie die vereiste hoeveelheid suurstof vir selmetabolisme vervoer nie, is anemiese mense gou moeg, bleek, kortasem en kry gou koud.

Daar is oor die algemeen 4 maniere waarop mense anemies raak:

  • 'n Tekort aan stowwe wat deur die beenmurg benodig word om rooibloedselle te vervaardig, bv. yster, foliensuur en vitamien B12. Yster is 'n noodsaaklike deel van 'n hemoglobienmolekule. As daar 'n ystertekort is, word dit ystertekort-anemie genoem.
  • Siektes van die beenmurg, bv. leukemie, of skade aan die beenmurg as gevolg van middels om kanker met chemoterapie te behandel.
  • Die buitengewone afbreek van rooibloedselle in die bloedstroom, bv. malaria.
  • Bloedverlies, bv. tydens swaar menstruasie, traumas en inwendige parasiete soos wanneer kinders wurms het.

Ystertekort-anemie kan deur 'n gesonde dieet, wat vleis en groen groente insluit, behandel word. Ysteraanvullings kan ook geneem word.

Bron[wysig | wysig bron]